p>Ontvang en deel God se liefde uit deur jouself reg lief te hê in Christus.
Lees: Mat 22:34-40 en Ef 5:1-5.
Fokus: Ef 5:1,2.
1. Verkeerde selfliefde.
- Hoogmoedig net dele gee aan God.
- Eksperimenteerders.
- Oop-Bybel-Christene.
- Uit die wêreld-Christene.
2. Regte selfliefde.
- Om tot regte selfliefde te kom, is dit vir baie Christene eers nodig om hulleself te vergewe.
- Die regte selfliefde is liefde wat gegrond is in Jesus Christus.
- Selfaanvaarding en selftevredenheid is wanneer jy graag wil hê wat jy alreeds besit.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoekom is God nie tevrede met net groter dele van ons lewens nie?
- Op watter maniere gee ons net dele van ons lewens aan God?
- Wat beteken dit om jouself reg lief te hê in Jesus Christus?
- Wat is God se maatstaf vir selfaanvaarding en selftevredenheid?