Home » preke » Sondag 9 Februarie 2025 Stephan Briel

Sondag 9 Februarie 2025 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Efes 5:6-20. 

Fokus: Efes 5:8 (AFR53). 

Ons is lig in die Here.

  1. God het jou natuur verander van duisternis na lig.
    • Is jy in ‘n troutrekkery betrokke tussen twee nature? 
    • By jou wedergeboorte het God nie slegs ‘n nuwe goddelike natuur by jou ou sondige natuur gevoeg nie. Nee, die Heilige Gees het jou ou sondige natuur vervang met God se natuur. Die Heilige Gees het jou opnuut gebore en jy is getransformeer in iemand wat nie voorheen bestaan het nie: ‘n nuwe skepsel in Christus, ‘n geestelik gebore kind van God, ‘n kind van die lig, ‘n heilige in Christus wat soms sondig! 
  2. Leef as kind van die lig want jy kan!
    • Jesus gee aan ons sy natuur sodat ons werklik kan wees soos Hy. 
    • As kind van die lig is jy nou nie meer langer ‘n verdorwe en hulpelose slaaf van die sonde nie. Dit is in jou vermoë om te kan kies teen die sonde vir God se wil. 
    • Ek en jy moet leer lewe in harmonie met ons nuwe natuur om werklik gelukkig te kan wees.

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Besit ons 2 nature wat veg om die beheer van ons lewens? 
  • Was julle vroeër in duisternis; en nou is julle in lig in die Here volgens Efes 5: 8? 
  • Wanneer het God ons duisternis-natuur vervang met sy eie lig-natuur?
  • <liWat bring sondes voort in ‘n wedergebore kind van die Here se lewe?