Lees: Mat 4:1-11.
Fokus: Mat 4:5-7.
Satan se leuen: Buit die beloftes van God uit. (Deel 2)
- Die beloftes van God mag nooit ‘n plaasvervanger word vir getrouheid nie.
- Ons interpretasie van die belofte moet in ooreenstemming met die hele Skrif wees.
- Ons geloof moet nie morele beginsels oortree nie.
- Soek altyd eerstens vir God en nie sy beloftes nie.
- Ons moet onthou dat God dalk ‘n groter plan in gedagte mag hê.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Wat is die sleutel tot die verstaan van die duiwel se versoekings?
- Wat leer Jesus se reaksie op elke versoeking vir ons aangaande wie Hy is en hoe ons Hom moet volg?
- Verduidelik bogenoemde riglyne ivm God se beloftes in sy Woord.