Lees: Mat 21:18-22 en Jos 3.
Fokus: Jos 3.
Gebede en optrede wat berge en riviere kan versit!
- Verander jou fokus.
Geloof groei wanneer jy na God kyk en nie na die berg/rivier nie. - Wees ontvanklik vir nuwe dinge.
God het met Josua ‘n ander manier verkies as met Moses. - Neem die eerste tree in gehoorsaamheid.
God gee ons geloof as ons saam met Hom in gehoorsaamheid stap.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoekom word jy selfgesentreerd en begin twyfel as jy op die berge/probleme in jou lewe fokus?
- Gee ‘n voorbeeld hoe jou geloof gegroei het toe jy op God begin fokus en nie op jou probleme nie.
- Gee ‘n voorbeeld van hoe jy op ‘n nuwe manier ‘n hindernis oorkom het.
- Gee ‘n voorbeeld hoe God jou geloof versterk het toe jy die eerste tree in gehoorsaamheid geneem het.