Lees: Hand 2:37- 47
Fokus: Hand 2:42-47
Christus voeg gereddes by die ware liefdesgemeenskap van gelowiges.
1. Christus se reddende optrede vandag.
- Die boek Handelinge beskryf die handelinge van die opgestane en verhoogde Here Jesus Christus dmv sy apostels en dienaars.
- Aan die einde van Handelinge staan daar nie “amen” nie want Christus se handelinge gaan vandag nog steeds voort dmv sy dienaars wat gelei word deur sy Gees.
- Christus voeg vandag nog sy kosbare gereddes by sy gemeente.
2. Is ons waardig dat Christus sy gereddes aan ons kan toevertrou?
- Vyf fasette van gesonde gemeentegroei: liefdesgemeenskap, dissipelskap, prys en aanbidding, dienswerk en evangelisasie.
- Die Hand 2 gemeente het soos volg prakties uitvoer gegee aan hierdie 5 fasette van gesonde kerkgroei: hulle het bymekaar gekom in die groot groep by die tempel en hulle het bymekaar gekom in kleiner huisgroepe.
- Hoe het Christus jou al gebruik in sy handelinge om sondaars te red?
- Wat is die eienskappe van die Hand 2 gemeente wat hulle waardig gemaak het om daagliks te groei met nuwe lidmate?
- Wat is Christus se groot gebod (Mat 22:36-40) en groot opdrag (Mat 28:18-20) aan sy kerk?
- Op watter praktiese maniere kan ons uitvoering gee aan die verskillende fasette van gesonde kerkgroei volgens Hand 2:46?
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: