Lees: Ef 4:1-16.
Fokus: Ef 4:15.
Groei na Christus deur in liefde by die waarheid te bly.
- As ons nie meer groei nie, is ons besig om te sterf.
- Jou opgroei in Christus word bepaal deur die hoeveelheid waarheid jy in liefde lewe.
- Waarheid sonder liefde lei tot die slawerny van ‘n wettiese lewe (Gal 5:1,2).
- Christus het reeds gekom om ons vry te maak deur aan sy waarheid vas te hou uit liefde (Joh8:31,32).
- Die duiwel is die vader van alle leuengedagtes (Joh 8:44) en hy gebruik leuengedagtes om beheerte kry oor ons gelowiges se denke. Dan is hy in beheer van ons totale lewe.
- As die duiwel met sy leuengedagtes kom om ons denke daarmee te probeer bind, dan wys Christusvir ons deur die Bybel wat God se waarheid is in die lig van sy kruis. So word die duiwel se leuensontbloot en kan ons dit verwerp in ons denke.
- Vryheid van leuens maak groei moontlik!
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoekom is groei na Christus so belangrik?
- Hoe rig Satan ‘n “vesting” op in ons denke?
- Vul in: Volgens Satan is jou waarde = jou prestasies + mense se opinie van jou. Volgens God sewaarheid is jou waarde = Christus se prestasies + G….. se opinie van jou!
- Hoe maak Christus jou vry van “vestings” in jou denke?
- Wat beteken dit om Christus as die Waarheid te leer ken?