Lees: Mat 18: 15-20.
Fokus: Mat 18: 19-20.
Die krag van eenstemmigheid in Jesus onder leiding van die Heilige Gees.
· Die krag van verkeerde ooreenkomste (Gen 11: 1-9).
· Die krag van eenstemmigheid onder leiding van die Heilige Gees.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Wat is die Here se gevolgtrekking aangaande die gesamentlike poging van die mense om die toring van Babel te bou?
· Wat is die betekenis van die Griekse woord sunago wat in vers 20 met “saam is” vertaal word?
· Wanneer verhoor ons hemelse Vader ons gebede?
· Wie is die twee of drie persone met wie jy gereeld vergader in Jesus se Naam?