Lees: Hand 1: 1-11.
Fokus: Hand 1: 8.
Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees.
Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se hemelvaart met Pinkster waarna in Hand 1:8 verwys word?
In die Ou Testament was die Heilige Gees met God se volk (wolk- en vuurkolom, tabernakel en tempel). Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in gelowiges (Joh 20: 22).
Na Pinkster bemagtig die Heilige Gees ook gelowiges om getuies te wees (Hand 1:8).
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
Hoe was die Heilige Gees in die Ou Testament by God se volk teenwoordig?
Hoe verklaar jy die ontvangs van die Heilige Gees in Joh 20: 22?
Wat is die verskil tussen die werk van die Heilige Gees voor en na Pinkster?
Hoe weerstaan ons die bemagtigende werk van die Heilige Gees in ons lewens?