Lees: Sag 4:1-14.
Fokus: Sag 4:6,7.
‘n Lewe wat berge kan versit.
- As jy op die berg (hindernisse) en jou menslike vermoëns fokus, word jy selfgesentreerd en twyfel.
- Die Heilige Gees laat jou op God almagtig fokus wat in jou geloof werk wat berge kan versit.
- Geloof groei wanneer jy na God kyk en nie na die berg (hindernisse) en jou eie mag en krag nie.
- Die wonderwerkende geloof van die Heilige Gees is die aansporing om hard te werk en die eerste tree te neem in gehoorsaamheid.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoekom word jy selfgesentreerd en begin twyfel as jy op die berge/probleme in jou lewe fokus?
- Vul in: As ons op God en sy eienskappe fokus en ons geloof groei, dan sal ons gebede ook al hoe meer en meer in ……………. met God se wil wees – en dan sal Hy ons gebede …………
- Gee ‘n voorbeeld hoe jou geloof gegroei het toe jy op God begin fokus en nie op jou probleme nie.
- Gee ‘n voorbeeld hoe God jou geloof versterk het toe jy die eerste tree in gehoorsaamheid geneem het.