Lees: Heb 4: 1-13.
Fokus: Heb 4: 12.
Wie jy is in Christus maak die verskil.
· ‘n Mens kan verdeel word in 3 dele: gees, siel en liggaam.
· Alhoewel jou gees ten volle die heerlikheid van Jesus se vergifnis en reiniging aanvaar by jou wedergeboorte, is jou siel weer baie keer nie gereed om pynlike herinneringe te laat vaar nie (vgl Rom 7: 18, 19).
· Ons siel dink dit is sy werksbeskrywing om argumente, redenasies en vestings op te rig teen die kennis van God (2 Kor 10: 5).
· Die Woord sny deur die werking van die HG so diep dat dit die diepste leuens in ons denke, emosies en wil blootlê.
· Die HG gebruik dan die Woord om daardie leuens in jou siel te vervang met die waarheid van wie jy is in Christus. Dit verander jou lewe.
· Wie ons aan die buitekant is, is ‘n refleksie van wie ons aan die binnekant is.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Wat is die verskil tussen jou gees en siel?
· Wat verhoed ‘n persoon wat geestelik wedergebore is om in oorwinning te leef?
· Hoe kan mishandeling lei tot die oprig van ‘n vesting van perfeksionisme?
· Wat lê die Woord veral bloot in ons siel?
· Waar moet ons begin om ons lewens te kan verander?