Lees: Psalm 135.
Fokus: Psalm 135:5-7.
Die Here is soewerein.
- Psalm 135 is ‘n loflied wat blykbaar by een van die groot feeste by die tempel voorgedra is.
- In hierdie Psalm word die Here nie geloof omdat Hy in beheer is nie, maar omdat Hy vrymagtig of soewerein is.
1. Regering deur die uitoefening van beheer:
- Beheer misken die wil en keuses van ander en erken slegs die wil van die een wat die beheer uitoefen.
2. Regering deur die uitoefening van soewereine outoriteit:
- Soewereine outoriteit impliseer absolute eienaarskap oor die wat regeer word, maar erken wel die wil en keuses van mense.
- Die Here gebruik sy soewereine outoriteit en krag om redding vir ons te bring en goed te doen (v8 ev).
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Kan ons God kwalik neem vir alles wat op aarde gebeur omdat Hy in beheer is?
- Wat is die verskil tussen regering deur die uitoefening van beheer, en regering deur die uitoefening van soewereine outoriteit?
- Wat is die verskil tussen “mag” en “outoriteit”?
- Wat behels God se regering deur die uitoefening van sy soewereine outoriteit?