Lees: 1 Sam 17:31-58.
Fokus: 1 Sam 17:36 (OAV).
Ervaringskennis lei tot Verbondsoutoriteit.
- Saul was eintlik ‘n vreemdeling tov die HERE se verbond alhoewel hy intellektuele kennis van dieverbond gehad het.
- Dawid het ervaringskennis van die verbond gehad.
- Dawid reageer nie soos Saul deur te vra: “Wat gaan ons doen?” nie, maar vra eerder: “Wat het God gesê?”
- Dawid het geweet dat hy eenvoudig net moet opdaag en sy verbondsoutoriteit gebruik om God se kennis en mag in die situasie los te laat.
- Ervaringskennis stel ons instaat om effektief ons verbonds-outoriteit te gebruik.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Wat was die verskil tussen Saul en Dawid se kennis van die HERE se verbond?
- Hoekom reageer Dawid en Saul verskillend op Goliat se uitdaging?
- Wat verhinder Christene om ervaringskennis op te doen van die verbond?
- Hoe laat ons God se kennis en mag vry in situasies?