Lees: Gal 4: 1-7.
Fokus: Gal 4: 6, 7.
Verskil tussen kind en dienskneg in die Vader se huis.
· ‘n Dienskneg dink wat hy doen bepaal wie hy is.
· ‘n Kind van God weet wie hy of sy is in Christus, en dit bepaal die kind se lewe!
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Noem die kenmerke van ‘n geestelike weeskind of dienskneg in God se koninkryk.
· Noem die kenmerke van ‘n geestelike kind en erfgenaam van God.
· Wat is die verskil in denke tussen ‘n kind en ‘n dienskneg in die Vader se huis?