Home » preke » Sondag 2 Februarie 2025 Stephan Briel

Sondag 2 Februarie 2025 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Mat 4:1-11. 

Fokus: Mat 4:8-10. 

Satan se mees geloofwaardige leuens! 

  • God verbied net en is teen genietinge (Gen 3:1). 
  • God is ‘n leuenaar en sy Woord is vals (Gen 3:4). 
  •  Saam met God is daar geen lewensvervulling nie (Gen 3:5). 
  • God word slegs gedien vir wat Hy kan gee (Job 1:9-11). 
  •  Die lewe op aarde is alles (Job 2:4-5). 
  • God behoort wonderwerke op aanvraag te doen (Mat 4:3). 
  • Buit die beloftes van God uit (Mat 4:6). 
  • Kies ‘n Godsdiens sonder ‘n kruis (Mat 4:8-9). 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Hoekom is die beheer van ons denke so belangrik en watter strategie gebruik Satan om ons denke te beheer? 
  • Verduidelik die mees geloofwaardige leuens wat Satan gebruik. 
  • Met watter leuens worstel jy die meeste?