Lees: Kol 2: 6-10.
Fokus: Kol 2: 8 (OAV).
Ons kom onder Christus se beheer deur ‘n Bybelse lewens- en wêreldbeskouïng.
- Verkeerde lewens- en wêreldbeskouïngs.
Satan verkry algehele beheer oor ons en voer ons weg soos krygsgevangenes deur ‘n valse wêreldbeskouïng.
Twee verkeerde wêreldbeskouïngs vandag waardeur Satan algehele beheer oor ons kry: Animistiese en Westerse.
In die Westerse wêreldbeskouïng word geestelike sake beskou as onnodig om hierdie lewe te verstaan.
Daarom word godsdiens gesien as opsioneel vir opvoeding. - Bybelse lewens- en wêreldbeskouïng.
As ons wêreldbeskouïng op Christus (die Woord) gebou is, kom ons onder sy beheer deur die werking van die Heilige Gees.
Pasop vir ‘n sinkretisme: jy sê dat jy iets glo maar jy demonstreer met jou gedrag dat jy eintlik iets heeltemal anders glo.
Met ‘n Bybelse wêreldbeskouïng ontvang jy in Christus die lewe in sy volheid (vers 10) waar jy met God kommunikeer en Hy weer met jou kommunikeer.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Wat behels jou lewens- en wêreldbeskouïng?
- Hoe kry Satan algehele beheer oor ons deur ‘n verkeerde lewens- en wêreldbeskouïng?
- Wat is die Westerse lewens- en wêreldbeskouïng?
- Hoe verskil die Bybelse wêreldbeskouïng van die Westerse?
- Hoe kom ons onder Christus se beheer?
- Is daar voorbeelde in jou lewe waar jou optrede ‘n verkeerde wêreldbeskouïng demonstreer?
Video by https://www.youtube.com/watch?v=FJJXCkAxufg