Home » preke » Sondag 19 Januarie 2025 Stephan Briel

Sondag 19 Januarie 2025 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Luk 2: 41-52 en Joh 15: 1-8. 

Fokus: Luk 2: 52. 

Bly in Christus om gebalanseerd te groei.

  • Daar is 4 sleutel areas/dissiplines waarin ons ten volle en in harmonie moet ontwikkel: verstandelik, fisies, sosiaal en geestelik. 
  • Ons spandeer te veel tyd om uiterlike gedrag te probeer verander, in plaas van om te verander wat mense glo aangaande God en hulleself. 
  • Die Heilige Gees laat ons vrugte dra as ons in Christus bly deurdat ons weet wie ons is as kinders van God. 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  •  Beskryf die 4 dissiplines waarin ons ten volle en in harmonie moet ontwikkel. 
  • Wanneer en hoe ontstaan Christelike wettiesheid? 
  • Hoe vind gesonde en gebalanseerde groei plaas in al 4 dissiplines?