Lees: Mark 1:9-20.
Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53).
Christenskap behels dissipelskap (deel 2)
- Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees.
- Jesus se verkondiging van die evangelie van God se koninkryk kom op 4 beginsels neer: (1) die tyd is vervul; (2) die koninkryk van God het naby gekom; (3) bekeer julle; en (4) glo die evangelie.
- Christus se metode van dissipelskap was rabbyns: Hy het sy dissipels geleer van die lewe in God se koninkryk en dit dan ook self geillustreer met sy lewe. Dan het Hy hulle ook uitgestuur om die koninkryks-lewe te gaan doen.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoe moet ons Jesus se oproep tot bekering verstaan?
- Wat beteken en behels dit om die evangelie te glo?
- Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk?
- Kan jy ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees?