Home » preke » Sondag 16 Februarie 2025 Stephan Briel

Sondag 16 Februarie 2025 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Rom 7: 13-26. 

Fokus: Rom 7: 21-23 (AFR53). 

Identifiseer jouself met die innerlike mens wie jy in Jesus Christus is. 

·       Innerlike mens verwys na ons gees; gemoed verwys na ons siel; en lede verwys na ons liggaam/vlees (Rom 7: 22-23). 

·       Jy kan nooit deur ‘n wet in jou gemoed oorwinning kry oor die sonde in jou vlees nie. Inteendeel, die sonde in jou vlees sal totale beheer kry oor jou gemoed (denke, emosies en wil). 

·       Die eerste stap om die kwaad te oorwin wat ek nie wil doen nie: Moenie jouself met die sonde identifiseer nie (Rom 7: 17-20).

·       Die tweede stap om die kwaad te oorwin wat ek nie wil doen nie: Identifiseer jouself met die innerlike gees-mens wie jy in Jesus Christus is (Rom 7: 22). 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

·       Verduidelik die onderskeid tussen gees, siel en vlees. 

·       Verduidelik hoe gelowiges baie keer deur ‘n wet in die gemoed die sonde probeer oorwin. Wat is die uiteinde van so ‘n poging? 

·       Verduidelik die stappe om die kwaad te oorwin wat jy nie wil doen nie.