Home » preke » Sondag 15 September 2024 Stephan Briel

Sondag 15 September 2024 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Jak 1:1-8. 

Fokus: Jak 1:2-4. 

Verheug jouself in beproewings! 

As ons Vader in Christus omskep God al ons swaarkry en moeilikhede in beproewings om ons karakter te vorm en ons geloof te suiwer. God se genade is so groot dat Hy selfs die swaarkry wat jy self vir jou veroorsaak het deur aan versoekings toe te gee, tot beproewings omvorm en dit so tot jou beswil laat dien. Swaarkry en moeilikhede skep die ruimte dat ons geloof gesuiwer en sterker word om te volhard. 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

  • Hoe is dit moontlik om blydskap of vreugde te hê wanneer allerlei beproewings oor jou kom? 
  • Wat is die doel van beproewings? 
  • Wat is die eerste ding wat jy vir God moet vra wanneer allerhande beproewings oor jou kom?