Home » preke » Sondag 13 Oktober 2024 Stephan Briel

Sondag 13 Oktober 2024 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Gen 2: 15 – 3: 7. 

Fokus: Gen 3: 4. 

Satan se leuen: God is ‘n leuenaar. 

  •        Nadat Satan ‘n vastrap plek in Eva se gedagtes gekry het deur die twyfel in haar, beweeg hy nou van bevraagtekening van God tot direkte ontkenning: “Julle sal beslis nie sterf nie…” 
  •      Wat nodig is om die waarheid te ken, is openbaring waarop die Bybel aanspraak maak. (bv Heb 1: 1-3 en 2 Tim 3: 16-17)
  • Die hele Bybel getuig van Jesus Christus en in en deur Hom het God duidelik sy liefde en verlossing aan ons geopenbaar. 
  • Die sg. Nuwe Hervormers besit geen nuwe hervorming nie, maar is vasgevang in die leuen wat al van Eden se dae deur die ganse geskiedenis voorgekom het: die ontkenning van Skrifgesag. 
  • Ons leef ook baie keer asof God se Woord vals is as ons die rampspoedige konsekwensies van die sonde ontken: “Julle sal beslis nie sterf nie…” (v 4) en wanneer daar ‘n gedagte by jou ontstaan dat God se Woord ‘n blokkasie tot hoër hoogtes is: “maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken” (v 5).  
  • Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoekom is die beheer van ons denke so belangrik en watter strategie gebruik Satan om ons denke te beheer? 
    • Verduidelik die leuen wat Satan in Gen 3: 4 verkondig. 
    • Wat beteken dit dat die Skrif deur God geïnspireer is? (vgl 2 Tim 3: 16-17) 
    • Wat is jou antwoord op die sg. Nuwe Hervormers
    • Op watter maniere leef kerkmense baie keer asof God se Woord vals is?