Lees: Spreuke 13:20-25.
Fokus: Spreuke 13:22.
Wees ‘n regverdige in die hantering van jou geld en besittings.
Twee belangrike beginsels om ‘n “regverdige” te wees in die hantering van jou geld en besittings:
- Erken God as Eienaar en wees sy rentmeester.
- Verbind jou tot ‘n skuld-vrye lewe (vgl Psalm 37:21).
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Wie is die “sondaar” en “regverdige” volgens Spreuke 13:22?
- Wie is die “goddelose” en “regverdige” volgens Dawid in die hantering van geld en rykdomme?(vgl Psalm 37:21)
- Hoe vind welvaart oordraging plaas tydens ekonomiese insinking?