In die Gereformeerde kerke hoor ons dikwels die Latynse woorde “Semper Reformanda” – Altyd Reformeer. Dit is ‘n lekker frase om the gebruik veral omdat oënskynlik so goed by die gees van ons tyd pas. Maar wat beteken dit werklik?
Moet die kerk sy idees aanhoudend verander? As ‘n professor of predikant of joernalis eis dat die kerk sy idees verander, sê die definisie van die huwelik of die aard van seksuele sonde, weet ons dat daar gesê gaan word dat die verandering bewys dat die kerk moedig die erfenis van die Hervormers en hulle aandrang dat die kerk altyd moet hervorm uitvoer. Die Gees openbaar tog nuwe waarhede vir ‘n nuwe dag. Die liggaam van Christus leer om tradisie opsy te sit. Die opgestane Jesus leer sy volk wat hulle nog nooit gesien het nie. Dit is waaroor die hervorming tog gaan, reg?
Nee, nie regtig nie!.
Alhoewel dit waar is dat ons almal in ‘n dowwe spieël kyk en oop moet wees om ons gedagtes te verander, was die Latynse frase “Semper Reformanda” nie oor verandering ter wille van verandering nie, nog minder dat die kerk se belydenisse moet tred te hou met die tyd. Die oorsprong van die dikwels herhaalde gesegde is in 1674 uit ‘n boek deur Jodocus van Lodenstein. Van Lodenstein praat hier met die Nederlandse kerke wat tydens die Hervorming Gereformeerd geraak het en moet voortgaan met hervorming in hul lewens en gebruike. Hy was besorgd oor persoonlike toewyding, nie leerstellige vooruitgang nie.
Dit is belangrik om die geheel van Van Lodenstein se frase te sien: “ecclesia reformata, semper reformanda secundum verbi Dei” (“die kerk is hervorm en word altyd hervorm volgens die Woord van God”). Let op drie punte oor die gesegde.
Eerstens begin dit deur die Hervormde kerk, aan te spreek. Die gesegde was oor die algemeen nie oor kerke van die Hervorming nie (alhoewel dit ook van toepassing is op daardie kerke). Inteendeel, Van Lodenstein het die Nederlandse kerk aangespreek wat as Belydenis Gereformeerd geïdentifiseer het, spesifiek die aanvaarding van die Drie Formuliere van Eenheid. Met ander woorde, ver van die aanmoediging van leerstellige innovasie, aanvaar die oorspronklike frase leerstellige stabiliteit. Wat ook al “Semper Reformanda” beteken, kan dit nie beteken dat ons nuwe teologiese standaarde soos ons aangaan uitvind nie.
Tweedens, die Latynse werkwoord reformanda is passief, wat beteken dat die kerk nie “altyd hervorm” nie, maar “altyd hervorm word.” Die verskil is belangrik. Die passiewe konstruksie dui ook daarop dat daar ‘n eksterne invloed op die kerk is om die nodige hervorming teweeg te bring.
Wat lei tot die derde en belangrikste punt: die kerk word altyd hervorm volgens die Woord van God. Daar is niks gereformeerd of reformatories oor die verandering van die kerk se teologie en etiek om aan die regte kant van die geskiedenis te kom nie, of om tred te hou met die “insigte” van die sosiale wetenskappe nie. Die leuse van die Hervorming was nie “Voorwaarts!” nie Maar “Terugwaarts!” – soos in, “Terug na die bronne!” (ad fuentes). Die Hervormers wou iets wat verlore was, herstel, nie die winde van ‘n stygende moderniteit volg nie. As die kerk nooit stil kan staan nie, is dit omdat dit altyd heroriëntering benodig volgens die Woord van God.
“Semper Reformanda” gaan nie oor konstante verandering nie, maar oor vaste fondamente. Dit gaan oor die radikale nakoming van die Heilige Skrif, ongeag die koste vir onsself, ons tradisies, of ons eie vervalle sin vir kulturele relevansie. As sogenaamde Christene die kerk se seksuele etiek wil verander, moet dit maar so wees. Maar moenie onder die mantel van die Hervormers daarop aanspraak maak nie. Die enigste Hervorming wat die moeite werd is om te bevorder en voor te bid, is die een wat ons dieper in ons Bybels kry, nie verder daarvan nie.
Staan by jou beginsels en wees oop om te verander wanneer ons van die waarheid wegdryf of versuim om daarin te groei soos ons moet.