Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 11 Februarie 2024 Stephan Briel

Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5. Die lewende kerk.  “Lewe” in ons kernverse dui op kwaliteit lewe.  Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend!  … Lees Meer

Sondag 9 Julie 2023 Christiaan Mulder

Lees: 1 PETRUS 2 vers 1 – 7Fokus: 1 Petrus 2: 7 Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld, “Juis die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword, ” Die Here wil … Lees Meer

Sondag 2 Julie 2023 Stephan Briel

Lees: 1 Sam 16:1-13.Fokus: 1 Sam 16:1. Wat sien die Here in my?

Sondag 25 Junie 2023 Stephan Briel

Lees: 1 Sam 3:1 – 4:1.Fokus: 1 Sam 3:15. God roep getroue dienaars uit hulle gemaksones tot geloofwaardige getuies.

Sondag 18 Junie 2023 Stephan Briel

Sondag, 18 Junie, is deur die kerkverband aangedui as Dag van Verootmoediging en Voorbidding met die energiekrisis, verval van infrastruktuur en hoë werkloosheid en misdaadvakke as motivering. Lees: 1 Sam 1:9-19 en 1 Sam 2:1-12.Fokus: 1 Sam 2:1. Jubel in die … Lees Meer

Sondag 11 Junie 2023 Stephan Briel

Lees: Eks 13: 17-22.Fokus: Eks 13: 21-22. God se plek van seëning! God het die wolk- en vuurkolom gebruik om Israel te lei na sy voorbestemde destinasie van seëning. Israel se eerste plek van seëning was by die Rietsee: Daar … Lees Meer

Sondag 4 Junie 2023 Stephan Briel

Lees: Eks 15:1-19.Fokus: Eks 15:3 (AFR20). Loof die Here as krygsman wat red! Lofprysing en aanbidding is ‘n wesenskenmerk van die Here se volk. Lofprysing en aanbidding is ons reaksie op wie die Here is en wat Hy doen. Die … Lees Meer

Sondag 28 Mei 2023 Stephan Briel

Lees: Jes 6:1-13.Fokus: Jes 6:7. Die betekenis van die Here se aanraking. In ons Skrifgedeelte raak die Here Jesaja aan met ‘n gloeiende kool vanaf die altaar en sy sonde is weggeneem. Dit verwys alreeds na Jesus se versoeningsoffer aan die … Lees Meer

1 3 4 5 6 7 8 9 36