Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 14 Julie 2024 Stephan Briel

Lees: Jer 7:1-15 (AFR83).  Fokus: Jer 7:3-8.  Valse godsdiens bring ‘n valse gerustheid wat bekering verhinder.  Die profeet ontmoet die biddende skare by die tempelpoort met ‘n skokkende boodskap. Die kern van sy onverwagse aanval is gemik teen hulle valse gerustheid. Die … Lees Meer

Sondag 7 Julie 2024 Pieter de Klerk

TEMA: BERUSTING IN DIE GOD VAN DIE GESKIEDENIS TEKS: DANIËL 8 (WARREN PEEL; DIE LEWE IN BABYLON; DANIEL 3e PREEK) 1. Inleiding – Die boek Daniël bestaan uit bekende (Hfs 1-6) en minder bekende deel (hfs 7–12). Een van die … Lees Meer

Sondag 30 Junie 2024 Christiaan Mulder

Lees: Efesiërs 4: 1-16 Hoe om volgroeid te wees in Christus.

Sondag 23 Junie 2024 Stephan Briel

Lees: Joh 15: 1-8 en Mat 25: 14-30.  Fokus: Mat 25: 21, 23.  God verwag van sy kerk om beide getrou en vrugbaar te wees.  Die twee goeie slawe was getrou in vrugbaarheid want God verwag beide getrouheid en vrugbaarheid. So sien … Lees Meer

Sondag 16 Junie 2024 Stephan Briel

Lees: Mat 25: 14-30.  Fokus: Mat 25: 23-25.  Bybelse Rentmeesterskap (Deel 2).  Omdat God in Christus die Gewer van alle goeie gawes is, behels rentmeesterskap die volgende:  God hou ons verantwoordbaar vir die bestuur en aanwending van alles wat Hy aan ons … Lees Meer

Sondag 6 Junie 2024 Christiaan Mulder

Lees: Numeri 13 en 14 Fokus: Numeri 14:1 – 4 Vrees & God se plan vir elkeen van ons

Sondag 2 Junie 2024 Stephan Briel

Lees: Psalm 139.  Wie God is, laat jou na Hom toe vlug!  Net soos wat God se alwetendheid aanvanklik verwondering meebring vir die gelowige Psalmdigter, maar dan geleidelik plek maak vir verskrikking en benoudheid – ondergaan ons dieselfde gevoelens as ons … Lees Meer

Sondag 26 Mei 2024 Stephan Briel

Lees: Psalm 141 en Op 8: 1-5.  Fokus: Psalm 141: 1, 2.  Die krag en betekenis van opheffing van hande in gebed. Beproewing bring ook groot geloofsversoekings! En om hierdie versoekings te oorkom, vind Dawid sy krag daarin om met uitgestrekte hande … Lees Meer

1 2 3 4 5 6 7 36