Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: 2 Sam 11:1-27. Fokus: 2 Sam 11:1-5. Die verskil tussen wellus en liefde. Drie vorms van liefde wat daar in die Christelike huwelik moet wees: erotiese liefde (eros), vriendskapsliefde (filia) en selfverloënende liefde (agape). Met eros-liefde kan jy ‘n … Lees Meer
Boodskap van Stephan Briel gedurende die Coronavirus inperking. Teks: 1 Samuel 30:1-8 In hierdie vreemde tyd van inperking, kom versterk jou in die Here ons God.
Hendrik van Deventer is Missionêr- en Jeugleraar by Gereformeerde Kerk Linden Die Groot Uitnodiging : MATTEUS 22 Die gaste word genooi: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het 3 en … Lees Meer
Lees: Rom 6: 1-14 (1933/53 Vertaling). Fokus: Rom 6: 11, 12.. Oorwinning oor sonde. 1. In Christus is jy vir die sonde dood. Baie Christene probeer vir die sonde sterf terwyl hulle alreeds dood is vir die sonde in … Lees Meer
Lees: 2 Sam 11:1-27. Fokus: 2 Sam 11:1-5. Die ontstaan en oorwinning van wellus. 1. Ontstaan van wellus. Desensitisering. Rus en ontspanning. Verkeerde plek op die verkeerde tyd. Rasionalisasie. Degenerasie(egbreuk, leuens en moord). 2. Oorwinning … Lees Meer
Lees: Jak 4:1-10 en Rom 7:15-25. Fokus: Jak 4:7. Bevryding van sondige gewoontes deur jouself aan God te onderwerp. Belydenis van sondes en vergifnis is die eerste stap om jouself onder die beheer van God te bring. Dit is ook … Lees Meer