Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Lees: 2 Kor. 7:9,10 Tema: “Die Heilige Gees se oortuiging van sondes teenoor die duiwel se aanklagte”.
Lees: Joh. 16:1-11 met fokus op Joh. 16:7,8. Tema: Die Heilige Gees as ‘Parakleet’. Die Heilige Gees openbaar aan ons God se waarheid in Jesus Christus. Die droefheid is so diep in die dissipels se harte dat hulle Jesus se … Lees Meer
Lees Num. 11:26-29. Die Heilige Gees maak jou vry om jou gawes te gebruik in God se koningkryk. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=bfqALh9vxNQ
Mid-week bemoediging 22 April 2020 (Prediker: Dr Hendrik Van Deventer) Kom deel in hierdie bemoedigende boodskap wat Hendrik met Bergbron wil deel in hierdie tydperk van inperking.