Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: 1 Kor 12:1-11. Fokus: 1 Kor 12:1. Wees ingelig oor die gawes van die Heilige Gees. Paulus vermaan ons om oor die gawes van die Gees nie onkundig te wees nie (v 1), en dan noem hy reeds voorbeelde … Lees Meer
Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Skrifgedeelte: Hand. 10:38-48 met fokus op vers 44. Tema: Die Woord en die Heilige Gees belangrik om kerk te wees.
Lees: Lees: Hand 1:1-11. Fokus: Hand 1:3. Die koninkryk van God het in Jesus Christus naby gekom. In die veertig dae tussen Jesus se opstanding en hemelvaart, was die koninkryk van God die sentrale boodskap van Jesus aan sy dissipels … Lees Meer
Lees: Hand 1: 1-11. Fokus: Hand 1: 8. Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se … Lees Meer
Lees: Hand 10:34-43. Fokus: Hand 10:38. Gesalf met die Heilige Gees vir genesing en bevryding in Jesus se Naam. Die kerk is in Hand 10 besig om deur sy Joodse grense te breek en die evangelie word aan heidene verkondig. … Lees Meer