Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Woensdag 5 Augustus 2020 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit Rom 8:26,27 “Gebed deur die krag van die Heilige Gees”

Sondag 2 Augustus 2020 Stephan Briel

Lees: Luk 4:1-13. Fokus: Luk 4:3,10. Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, langs die weg van nederigheid, diens en lyding. Die duiwel rig sy versoekings veral op die identiteit van Jesus as hy sy versoekings begin en … Lees Meer

Sondag 26 Julie 2020 Stephan Briel

Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:12 (OAV). Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die duiwel en sy bose magte. Die duiwel het allerhande “listige aanslae” (geslepe planne) op regerings en mense om hulle daarmee te … Lees Meer

Woensdag 22 Julie 2020 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit Joh 1:14 “Kennis slegs in ‘n persoonlike verhouding met God”

Sondag 19 Julie 2020 Stephan Briel

Lees: Kol 2: 6-10. Fokus: Kol 2: 8 (OAV). Ons kom onder Christus se beheer deur ‘n Bybelse lewens- en wêreldbeskouïng. Verkeerde lewens- en wêreldbeskouïngs. Satan verkry algehele beheer oor ons en voer ons weg soos krygsgevangenes deur ‘n valse … Lees Meer

Woensdag 15 Julie 2020 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit 1 Tes 5:23 “Die totale werklikheid”

Sondag 12 Julie 2020 Hendrik van Deventer

Lees: Johannes 21 Fokus: Joh. 21: 9. Die aangename geur van die evangelie. Petrus se ontmoeting met Jesus – soekend en onteenseglik Jesus Petrus is in ‘n storm – en Jesus daag op. Petrus by 2 vure – by die … Lees Meer

Woensdag 8 Julie 2020 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit Spreuke 15:1 “Uitdrukking van jou behoeftes”

1 27 28 29 30 31 32 33 36