Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: Mat 11:2-19. Fokus: Mat 11:3-6. Pasop vir die blindekolle in jou lewens en wêreldbeskouing. Jesus se “vreemde en ongemaklike” antwoord. ‘n Wêreldbeskouing is ‘n stel voorveronderstellings wat ons handhaaf (bewustelik of onbewustelik) aangaande die basiese samestelling en funksionering van … Lees Meer
Lees: Mark 6:7-13 en 30-44. Fokus: Mark 6:34-44. Geloof wat uitloop op wonderwerke! Jesus se rabbynse proses van dissipelskap (Mark 6:7,12-13). Eerstens, Jesus was gedryf deur medelye (Mark 6:34). Tweedens, Jesus het na sy Vader geluister en nie toegegee aan … Lees Meer
Lees: Luk 7:11-17. Fokus: Luk 7:13-17. ‘n Botsing tussen die Lewe en dood. n Begrafnisstoet van smart en hopeloosheid. Die stoet van Lewe en hoop. ‘n Nuwe stoet van oorwinning en feesviering. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: … Lees Meer
Lees: Luk 11:1-13. Fokus: Luk 11:2. Laat U koninkryk kom. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Deur Jesus se koms na hierdie wêreld het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens … Lees Meer