Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Woensdag 24 Maart 2021 Pieter de Klerk

‘n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk.

Sondag 21 Maart 2021 Stephan Briel

Lees: Psalm 135. Fokus: Psalm 135:5-7. Die Here is soewerein. Psalm 135 is ‘n loflied wat blykbaar by een van die groot feeste by die tempel voorgedra is. In hierdie Psalm word die Here nie geloof omdat Hy in beheer … Lees Meer

Woensdag 17 Maart 2021 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: “Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik” (fase 2).

Sondag 14 Maart 2021 Stephan Briel

Lees: Dan 3:1-30. Fokus: Dan 3:16-18. God se plek van bonatuurlike genade. Aangesien God by ons is, kan enige plek ‘n plek van God se bonatuurlike genade wees. Vertrou God of jy ‘n wonderwerk ontvang of nie – want Hy … Lees Meer

Sondag 7 Maart 2021 Stephan Briel

Lees: Hand 2:37- 47. Fokus: Hand 2:43. Kenmerke van ‘n waardige gemeente waarby Christus gereddes voeg. ‘n Gemeente wat eerstens ‘n ware liefdesgemeenskap vorm deur die inwonende werking van die Heilige Gees met sy vrug. ‘n Gemeente waarin wonders en … Lees Meer

Sondag 28 Februarie 2021 Stephan Briel

Lees: Hand 2:37- 47 Fokus: Hand 2:42-47 Christus voeg gereddes by die ware liefdesgemeenskap van gelowiges. 1. Christus se reddende optrede vandag. Die boek Handelinge beskryf die handelinge van die opgestane en verhoogde Here Jesus Christus dmv sy apostels en … Lees Meer

Woensdag 10 Maart 2021 Jacques Moolman

‘n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman uit Lukas 10 v 38-42.

Woensdag 3 Maart 2021 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: “Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik” (fase 1).

1 20 21 22 23 24 25 26 36