Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Woensdag 8 September 2021 Jacques Moolman

‘n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman.

Sondag 5 September 2021 Stephan Briel

Lees: Jos 6:1-21. Fokus: Jos 6:2,3. Geloof wat hindernisse laat val. Die Here belowe in vers 2 dat Hy alreeds Jerigo in Josua se hande oorgegee het (perfektum tydsvorm). 1. Hindernisse wat geloof laat val. Veertig jaar terug reageer 10 … Lees Meer

Sondag 29 Augustus 2021 Stephan Briel

Lees: Jos 5:2-15. Fokus: Jos 5:13-15. Is jy aan God se kant?> Hierdie vraag van Josua of God aan ons kant is, is eintlik ‘n misleidende en verkeerde vraag. Josua het die aanvoerder van die leër van die Here die … Lees Meer

Sondag 22 Augustus 2021 Christiaan Mulder

Lees: 1 Korintiërs 1: 26 – 2: 5 Die kragtige werking van die Gees

Woensdag 18 Augustus 2021 Gert van Straaten

‘n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten uit Jakobus 1:2-8.

Sondag15 Augustus 2021 Stephan Briel

p>Ontvang en deel God se liefde uit deur jouself reg lief te hê in Christus. Lees: Mat 22:34-40 en Ef 5:1-5. Fokus: Ef 5:1,2. 1. Verkeerde selfliefde. Hoogmoedig net dele gee aan God. Eksperimenteerders. Oop-Bybel-Christene. Uit die wêreld-Christene. 2. Regte … Lees Meer

Sondag 8 Augustus 2021 Stephan Briel

Lees: Mark 12:28-34. Fokus: Mark 12:31. Die Groot Gebod is om tweedens gemeenskap te hê met medegelowiges. As jy werklik God liefhet (Hom aanbid), dan sal jy ook God se familie liefhê deur gemeenskap met medegelowiges te hê. ‘n Kerkfamilie … Lees Meer

Woensdag 4 Augustus 2021 Christiaan Mulder

‘n Bemoedigende boodskap uit Romeine 11 en 12 deur ouderling Christiaan Mulder.

1 17 18 19 20 21 22 23 38