Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: Rom 3:21-31 en Heid Kat Sondag 23 (vr en antw 59-61). Ons is in Christus voor God regverdig deur die geloof. Ons is voor God regverdig. Ons is in Christus regverdig. Ons is deur die geloof regverdig. Vir nadenke … Lees Meer
Lees: Joh 5:41-47. Fokus: Joh 5:44. Soek die eer wat van die enigste God af kom. Omdat die Jode en hulle geestelike leiers die eer van mense gesoek het, was hulle nie instaat om te sien wat God besig was … Lees Meer
Lees: Matt 8:14-17. Fokus: Matt 8:16,17. Jesus het ons lyding op Hom geneem en ons siektes gedra. Jesus het met sy koms na die aarde nie net geestelik versoening kom doen vir ons sondes nie, maar ook die fisiese implikasies … Lees Meer
Lees: Lukas 16: 1-13 Fokusvers: Luk. 16: 8, 9 Vermensliking van die lewe. 1. Lesse uit die wysheid van wêreldse mense (vers 8). Hierdie oneerlike bestuurder het geleef met die oog op die toekoms en het daarom vooruit beplan. Sukses … Lees Meer
Geopende Deure bring Sondag die boodskap en getuienis aangaande die Vervolgde Kerk. Lees: Psalm 149. Fokus: Psalm 149:1. Vir meer inligting oor Geopende Deure besoek hulle webblad.
Lees: Spreuke 13:20-25. Fokus: Spreuke 13:22. Wees ‘n regverdige in die hantering van jou geld en besittings. Twee belangrike beginsels om ‘n “regverdige” te wees in die hantering van jou geld en besittings: Erken God as Eienaar en wees sy … Lees Meer