Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 19 Desember 2021

Skriflesing: 1 Korintiërs 2

Sondag 12 Desember 2021 Greg Aucamp

Skriflesing: Lukas 8:4-21

Sondag 5 Desember 2021 Wimpie Jansen van Vuuren

Ons verwelkom teologiese student Wimpie Jansen van Vuuren by ons. Skriflesing: Efesiërs 2:17 – 32 Fokusverse: vers 20 – 24 Tema: God herstel ons na Sy beeld, leef daarom as die nuwe mens waartoe jy geroep word. Hoofpunte: God herstel, … Lees Meer

Sondag 21 November 2021 Stepan Briel

Lees: Lev 16:1-10 en Ef 1:3-14. Fokus: Ef 1:7. Die betekenis van die bloed van Christus. Lev 16 verse 8-9: “Hier moet Aäron lootjies trek oor die bokke. Die een lootjie moet gemerk wees ‘vir die Here’ en die ander … Lees Meer

Sondag 14 November 2011 Stephan Briel

Lees: Mat 6:24-34 en Spreuke 28:18-22. Fokus: Spreuke 28:20. ‘n Betroubare man is baie voorspoedig. Die Spreukeskrywer (28:20) beskryf ‘n persoon wat deur ‘n gees van Mammon beheer word, as volg: “Een wat gou ryk wil word, sal sy straf … Lees Meer

Woensdag 11 November 2021 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit Rigters 7:4-7 met die tema: Hoe om vir die geveg voor te berei?

Sondag 7 November 2021 Stephan Briel

Lees: Rom 10:14-21. Fokus: Rom 10:17. Ons geloof word bepaal deur hoe goed ons God ken. Hoe beter ons God en sy Woord ken, hoe groter geloof sal ons hê. As ons baie kennis van God se Woord het, baie … Lees Meer

Sondag 31 Oktober 2021 Stephan Briel

Lees: Jak 2:14-26 en Heid Kat Sondag 24 (vr en antw 62-64). Plek en betekenis van goeie werke in die lewe van ‘n Christen. Goeie werke is onverdienstelik (antw 62). Goeie werke is tog noodsaaklik (antw 64). Goeie werke word … Lees Meer

1 15 16 17 18 19 20 21 38