Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: Jes 61:1-3 en 2 Tim 1:1-12. Fokus: 2 Tim 1:7 (OAV). Bergbron visie: Ons het die Heilige Gees van krag, liefde en selfbeheersing (drie vlakke van dissipelskap). ‘n Gees van vreesagtigheid. Die Heilige Gees van liefde en selfbeheersing. Die … Lees Meer
Lees: Eks 3:13 – 4:17. Fokus: Eks 4: 2 (2020 Vertaling) Wat het jy in jou hand? Eerstens moes Moses sy identiteit plaas in die Here. Tweedens betrek die Here Moses by sy geweldige verlossingsplan deur eenvoudig vir hom te … Lees Meer
Skriflesing: Psalm 91 Fokusverse: 1 en 2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”