Ons het 2 Augustus 2020 met ‘n nuwe reeks begin: God se asem tussen die bladsye. Die eerste tema is Wanneer God fluister.
- Kyk na die inleidende video.
- Die Bybel is deur God geïnspireer, gesagvol en betroubaar. Lees Ps. 19:8-12 en dink daaroor na.
Wat het vir jou in hierdie paar verse uitgestaan?- Let op die woorde: wet, bepalings, opdragte gebod en beslissings wat gebruik word om die openbaring van die Here aan te dui.
- Kwaliteite wat aan die openbaring van die Here gekoppel word sluit in volmaak, betroubaar, reg, suiwer, rein en regverdig.
- God skenk belonings soos lewenskrag, wysheid, blydskap, insig, standvastigheid en regverdigheid aan die mens wat sy openbaring ter harte neem.
- “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam.” (2 Tim. 3:16 – ‘n Direkte vertaling)
Dink na aan hoe die Here al met jou gepraat het deur sy woord en dank Hom daarvoor. - Volg die Bybelleesrooster.
Dag Ou Testament Nuwe Testament 1 Genesis 1:1-5 Matteus 2:1-12 2 Exodus 14: 15-31 Markus 1:9-10 3 Levitikus 19:1-12 Lukas 11: 1-4 4 Numeri 20:1-13 Johannes 20:1-10 5 Deuteronomium 6:1-9 Handelinge 2:1-8 6 Josua 6:1-5 - Kindermoment met gesinne. Deel dit met jou gesin of met jou kleinkinders.
-
Speel die ou “telefoonspeletjie” waar die eerste lid van die gesin ʼn boodskap fluister in die oor van die tweede lid van die gesin.
-
Die boodskap word dan in ʼn fluistertoon na al die lede van die gesin aangestuur – selfs 2 keer in die rondte as die gesin klein is!
-
Laat die laaste persoon dit wat hy/sy gehoor het, hardop verwoord sodat dit vergelyk kan word met die oorspronklike boodskap!
-
Luister ons goed genoeg, of is dit moeilik om te hoor as iemand fluister? Hoe hoor ons God wanneer Hy fluister?
-
Bestel die volledige studiegids as e-boek of boek by NG Kerk Witrivier e-boek of NG Kerk Witrivier boek.