• Het iemand jou al vandag gesê dat God jou liefhet
    Het iemand jou al gesê dat God jou liefhet?
  • Has anyone told you today that God loves you?

‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding

Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Ons is ‘n vernuwende omgee gemeente met ‘n visie om genesing en bevryding te bring aan ‘n stukkende en sondegevalle wêreld.

Ons streef na ‘n geloofsvisie of droom om soos volg te lyk:

‘n Bybelgetroue-gemeente waar elke lidmaat, oral en altyd, Geesvervuld vir die Here lewe en Sondae bymekaar kom vir Feestelike aanbidding en toerusting in die suiwer Bybelse leer.

‘n Genesende- en Bevrydende-gemeente waar die kultuur geskep work om as Geesvervulde en toegeruste Christene genesing en bevryding te bring aan mense wat siek is, wat vasgevang is in leuens, sondes en verkeerde gewoontes.

‘n Omgee-gemeente waar Christene sewe dae van die week in daadwerklike liefde met mekaar kontak het en veral in liefdevolle meelewing en diensbaarheid met mekaar handevat in selgroepe en diensgroepe.

 

Onlangse Artikels

Gasspreker: Gerco van Deventer, 8 September 2024 om 17:00

‘n Opname van Gerco se getuienis is beskikbaar by Sondag 8 September 2024 Gerco van Deventer en ook by https://www.youtube.com/watch?v=nFYCnfqkpVU. Dit is ook beskikbaar as podcast by Spotify https://podcasters.spotify.com/pod/show/bergbrongemeente/episodes/Sondag-8-September-2024-Gerco-van-Deventer-e2o663cen Apple Podcasts https://podcasts.apple.com/us/podcast/sondag-8-september-2024-gerco-van-deventer/id1504438516?i=1000668884913 Gerco... Lees Meer

Kerssangdiens 26 November 2023 18h30

  Die tema vir ons Kerssangdiens is DANKSEGGING. Wat is God se doel in jou lewe? Soos gestel in I Thessalonicense 5 vers 18: “Wees in alles dankbaar,want dit is die wil van... Lees Meer